Date: 25 October 2020
Release: Onmiddellik

Die Demokratiese Alliansie (DA) Gauteng-Noordstreek het Saterdag op sy Kongres ‘n besluit aangeneem om landelike veiligheid in die Gauteng-Noordstreek te versterk.

Sedert die inperking het byna driekwart van aangemelde plaasaanvalle en -moorde in Gauteng in die Noordstreek van die provinsie plaasgevind.

Die Onderstepoort en Elandsfontein omgewings het georganiseerde aanvalle op verskeie plase in gekoördineerde klopjagte gesien. Terwyl die omgewings van Kameeldrift deur Dewagendrift en Boschkop na Bronkhorstspruit talle moorde en wrede aanvalle ervaar het.

Die DA Gauteng Noordstreek het saam gestem dat:

Plaasaanvalle en -moorde tot ‘n prioriteitsmisdaadkategorie verklaar word, met ‘n stel strawwer vonnisse as aanklaers bewys dat die motief vir die misdaad haat of minagting was op grond van die slagoffer se identiteit as boer;
Spesifieke landelike veiligheidsplanne opgestel word vir elke landelike polisiedistrik in die Noord-Gautengstreek;
Op plaaslike stasievlak landelike gemeenskapspolisiëringseenhede ingestel word vir elke polisiekantoor wat ten minste een landelike sektor bedien;
Hierdie eenhede vrywilligers van die plaaslike gemeenskap sal insluit wat die SAPD sal help met polisiëring in die landelike sektor;
Verhoogde magte oorgedra word na buurtwagte en gemeenskapspolisieforums in landelike gemeenskappe;
‘n Burgerlike toesigmeganisme ingestel word oor gemeenskapsveiligheid in die Noordstreek.
Die DA in Gauteng het onlangs die wetsontwerp op die toesig oor die gemeenskap se veiligheid ingestel, wat groter magte sal toewys aan buurtwagte en gemeenskapspolisieforums in landelike gemeenskappe. Dié wetsontwerp sal ook burgerlike toesig oor gemeenskapsveiligheid in Gauteng verhoog.

Terwyl ander politieke partye probeer om plaasaanvalle te gebruik om Suid-Afrikaners te verdeel, glo die DA dat ons slegs die aanvalle sal bekamp deur saam te werk. Meganismes moet ingestel word om polisie wat moeite doen te ondersteun en streng toesig oor die polisie wat hul arms vou, te versterk.

Media Enquiries

Adrian Roos LP

Hoof van DA Gauteng Hof Moniteringseenheid
082 800 2880

Michael Shackleton LPW

Gautengse Skadu-LUR Gemeenskapsveiligheid
066 043 0155

Charity McCord

Provinsiale Mediabeampte
078 126 2765